Search This Blog

Monday, February 7, 2011

Rustieland naweek 2-4 September 2011

Hoe sal mens nou se: "Back by popular demand".

Die reunie was so 'n weghol sukses, dat ons besluit het een keer in 10 jaar is net eenvoudig te min. Die feit dat ons 40 in die oe staar moet ook seker iets daarmee te doen he....

Ons gaan van nou af jaarliks die eerste naweek in September (2-4 September 2011) bymekaarkom by ATKV Buffelspoort. Dit gaan die Vrydag-oggend begin met hoofseun wat die eerste golfbal afslaan, en van daar af gaan ons regdeur kuier tot die Sondag. Elkeen sorg vir homself vir kos en verblyf. Ek gaan 'n banner laat maak met iets soos "1990 RHS Rustieland" of so iets, en dan span ons die banner van Vrydag middag iewers tussen die bome naby die swembad en ons gaan vandaar net kuier en kuier en kuier. Geen logistiek, geen reelings, geen amptelike reunie, net groot kuier. Almal is welkom.

ATKV Buffelspoort het alle soorte akkomodasie, boek solank en moet dit nie mis nie.
www.buffelspoort.co.za