Search This Blog

Saturday, August 15, 2009

1990 Matriek groep

Ons was ongeveer 200 matrieks in 1990 in Rustenburg Hoerskool (187 om presies te wees). In 20 jaar het die lewe party van ons getroetel en ander geboelie. Maar ons het steeds een ding (al is dit dan nou die enigste ding) in gemeen, en dit is dat ons saam vanaf die skoolbanke in die regte lewe losgelaat is. Ons 20 jaar reunie le vir ons en wag. Om 187 mense te probeer opspoor regoor die wereld, is 'n onbegonne taak. Ek het die "blog" geskep as 'n medium om die reunie lekker te maak. Nie almal van ons wil gekontak word nie, maar ek glo almal van ons wil darem weet van die reunie. En ons elkeen wonder wat van ander geword het... As jy wil, laat weet my wat van jou geword het oor die afgelope 20 jaar en ek sit dit op die blog. As jy seker wil maak jy word genooi reunie toe, is jy welkom om net jou besonderhede vir my te e-pos by rancesreid29@yahoo.com. Geen kontakbesonderhede van 'n ander sal deur my bekend gemaak word nie uit respek vir elkeen se privaatheid. Ek sal ook geen kontakbesonderhede op die blog sit nie. Maar e-pos asb 'n foto van jouself (wat ek op die blog kan sit) of gee my toestemming om jou facebook foto op te sit. Want die volgende kontak is weer 'n dekade weg... Ek hoop dat hierdie blog ons sal help om darem 'n gesig by 'n naam te sit, 'n herinnering op te roep, saam te kan lag oor die ou dae, of dan ten minste net om 'n heerlike reunie te kan he!

Rustie-huwelike

Die Rustenburg Herald het 'n mooi Valentynsdag artikel op 12 Februarie 2010 geplaas oor ons matriekmaats wat met mekaar getroud is. Dis voorwaar besonders! (kliek net op die artikel - dan word dit vergroot)


Die volgende matrieks het ware liefde gevind in RHS en met mede-matrieks getrou (en - net vir jul inligting - hulle is steeds getroud):
*JACO CLOETE en ANNELIE SMIT;
*PAUL SMIT en LIEZEL OPPERMAN;
*JOHAN DU TOIT en RONELL DE JAGER;
*WILLIE OOSTHUIZEN en CECILIA GOUWS.

VEELS GELUK,
wel gedaan!as julle van nog weet, laat weet my

hier is 'n troufoto van Jaco en Annelie


Ek het 'n voeltjie hoor fluit ('n baie betroubare bron, I'll have you know...) dat 2 van onse mede-matrikulante, wat in Standerd 8 met mekaar gekys was, deur Faceboek en Reunie-reelings kontak gekry het 20 jaar na matriek, en binne 'n maand getroud is!!! Hulle wil dit 'n verassing hou tot op die reunie..... watch this space

Thursday, August 13, 2009

Die '80's look


Kyk net die '80's fashion!!

en nee, die mense was nie saam ons op skool nie.


















Saturday, August 8, 2009

Boomskool


Wie het tans kinders in RHS? Hoe lyk dit met video footage van hoe dit tans daar lyk? Is daar van ons matrieks wat met ander matrieks van RHS getrou het? En is daar wat nog steeds getroud is - met mekaar?
Nie net is daar toe nou oud-Rusties wat tans kinders het in RHS nie, maar hul kinders presteer uitsonderlik! Lees die comments as jy wil sien wie...
Ons Skoollied:
1. Teen die hange van Magalies
met sy fiere Eeufeestop
deftig rys die Rustenburgse Hoërskool
teen die bloue hemel op;
wie se leuse, hoog en edel,
elke leerling moet bewaar:
Ken jouself in woord en wandel,
wees getrou waar jy ook vaar. (2x)
2. Ken jouself by les en studie,
op kultuur en sportgebied
Ken jouself in die vervulling
van jou naasteliefd’ en plig
Eer en roem moet jy versamel
vir jou skool en dorp alom;
nie alleen in jongelingsjare
maar tot gryse ouderdom. (2x)
3. Deur jou skool is jy ontwikkel
Ja, gestaal ook vir die taak
wat jy eendag so sorgvuldig
sal moet uitvoer hier op aard.
Dink terug aan lang vervloë
blye jeugherinnerings,
neem die grootste plek nog altyd,
jy ons Skool, in harte in. (2x)
4. Teen die hange van Magalies
met sy fiere Eeufeestop
deftig rys teen bloue hemel,
jy, my Hoërskool, altyd op.
Ken jouself en bloei bestendig-
ook die nakroos sal jou eer
vir die volk deur jou gevorm-
Vaderland en God tot eer! (2x)

In memoriam

Met leedwese groet ons...

Janine de Wet (9 April 1972 - 25 Julie 2008)
Sterna Esterhuisen
Kobus Meyburg
Thea Burger
Andre Badenhorst
Sonja Griffiths
Marinda Gouws


Laat weet asseblief van wie jy nog weet.

Onderwysers

Onderwysers wat steeds diep spore trap by RHS...
Juffrou Debbie Kruger is die Graadleier vir Graad 11
Menere Dawie Naude en Danie Greyling is die adjunkhoofde van RHS






Weet jy dalk waar in die wereld van ons ander onnies hulle begewe?


Standerd 10 Klasse

Aan die einde van die blog is groter foto's - vir ons wat nie meer 20 jaar terug se skerp 18-jarige ogies het nie!




















Nog 1990 Jaarboek foto's







Foto's uit 1990 Jaarboek

Aan die heel einde van die blog is groter foto's












































Janine de Wet


Elkeen van ons sal ons hoofmeisie se sprankelende glimlag en aansteeklike lag onthou.
Janine het op 25 Julie 2008 die stryd teen kanker verloor. Te kort was sy vir ons geleen... Diep spore het sy getrap, oral waar sy was heen...
Janine, ons gaan jou glimlag en lag mis met die reunie.