Search This Blog

Saturday, August 15, 2009

1990 Matriek groep

Ons was ongeveer 200 matrieks in 1990 in Rustenburg Hoerskool (187 om presies te wees). In 20 jaar het die lewe party van ons getroetel en ander geboelie. Maar ons het steeds een ding (al is dit dan nou die enigste ding) in gemeen, en dit is dat ons saam vanaf die skoolbanke in die regte lewe losgelaat is. Ons 20 jaar reunie le vir ons en wag. Om 187 mense te probeer opspoor regoor die wereld, is 'n onbegonne taak. Ek het die "blog" geskep as 'n medium om die reunie lekker te maak. Nie almal van ons wil gekontak word nie, maar ek glo almal van ons wil darem weet van die reunie. En ons elkeen wonder wat van ander geword het... As jy wil, laat weet my wat van jou geword het oor die afgelope 20 jaar en ek sit dit op die blog. As jy seker wil maak jy word genooi reunie toe, is jy welkom om net jou besonderhede vir my te e-pos by rancesreid29@yahoo.com. Geen kontakbesonderhede van 'n ander sal deur my bekend gemaak word nie uit respek vir elkeen se privaatheid. Ek sal ook geen kontakbesonderhede op die blog sit nie. Maar e-pos asb 'n foto van jouself (wat ek op die blog kan sit) of gee my toestemming om jou facebook foto op te sit. Want die volgende kontak is weer 'n dekade weg... Ek hoop dat hierdie blog ons sal help om darem 'n gesig by 'n naam te sit, 'n herinnering op te roep, saam te kan lag oor die ou dae, of dan ten minste net om 'n heerlike reunie te kan he!

1 comment:

  1. Hi Frances

    Well done met die website. Bly om te hoor dit gaan goed met jou.

    Ek dink die reunie sal great wees. Ek was ongelukkig nie by ons 10 jaar reunie nie, maar sal bitter graag by die 20 jaar reunie wil wees.

    Ek sal jou op facebook soek dan kan ons lekker chat.

    Groete
    Stephanie Rheeder (Voorheen Nel)

    ReplyDelete