Wie het tans kinders in RHS? Hoe lyk dit met video footage van hoe dit tans daar lyk? Is daar van ons matrieks wat met ander matrieks van RHS getrou het? En is daar wat nog steeds getroud is - met mekaar?
Nie net is daar toe nou oud-Rusties wat tans kinders het in RHS nie, maar hul kinders presteer uitsonderlik! Lees die comments as jy wil sien wie...
Ons Skoollied:
1. Teen die hange van Magalies
met sy fiere Eeufeestop
deftig rys die Rustenburgse Hoërskool
teen die bloue hemel op;
wie se leuse, hoog en edel,
elke leerling moet bewaar:
Ken jouself in woord en wandel,
wees getrou waar jy ook vaar. (2x)
2. Ken jouself by les en studie,
op kultuur en sportgebied
Ken jouself in die vervulling
van jou naasteliefd’ en plig
Eer en roem moet jy versamel
vir jou skool en dorp alom;
nie alleen in jongelingsjare
maar tot gryse ouderdom. (2x)
3. Deur jou skool is jy ontwikkel
Ja, gestaal ook vir die taak
wat jy eendag so sorgvuldig
sal moet uitvoer hier op aard.
Dink terug aan lang vervloë
blye jeugherinnerings,
neem die grootste plek nog altyd,
jy ons Skool, in harte in. (2x)
4. Teen die hange van Magalies
met sy fiere Eeufeestop
deftig rys teen bloue hemel,
jy, my Hoërskool, altyd op.
Ken jouself en bloei bestendig-
ook die nakroos sal jou eer
vir die volk deur jou gevorm-
Vaderland en God tot eer! (2x)
Hoërskool Rustenburg: E-Bay:http://www.hs-rustenburg.co.za/Html/ebay.html
Hi Frances ek weet nie of jy my nog kan onthou nie (Liesl Havenga)nou Horn .. ek het 'n seun wat tans in RHS is in graad 10 en hy speel vir die eerste span hokkie !!
ReplyDeleteGroete
Lisl Havenga - WOWWWW! Well done, girl!!! Sou graag 'n foto van jou en jou eerstespan-hokkiespeler-seun wou sien. Wow.
ReplyDeleteHi Lisl, hoop jy kan my nog onthou...?? Ek het by my ouma gebly daar in Joubertstraat...
ReplyDeleteEk gaan jou op FB soek.
Groete
Stephanie Rheeder (Nel)